Waar kennis
en inspirasie
ontmoet

Slimmer met SARIE is ’n splinternuwe aanlyn projek waar ons jou die kans gee om meer te leer oor jou stokperdjie of jou die geleentheid gee om nuwe vaardighede aan te leer – alles vanuit die gemak van jou eie huis!

Begin brei saam met SARIE se kreatiewe redakteurs!

’n Breikursus spesiaal vir beginners.

Begin brei met
Lounette en Anita

Lounette Fourie en Anita Rossouw, SARIE se kreatiewe redakteurs, leer jou die tegnieke en beginsels wat jy nodig het om ten einde enige breipatroon te kan lees en bemeester. Van steke aanheg tot hoe om ’n stylvolle moderne trui te brei – hierdie kursus is ’n moet vir enige kyker wat daarvan hou om kreatief met hul hande te werk.

“As jy nog altyd wou leer brei, is dit nou jou kans. Ons duidelike aanlyn-lesse leer jou stap-vir-stap en wys hoe maklik dit is.” Anita Rossouw

“Daar is iets aan die ritmiese metode van brei waaraan ek verslaaf is. Dit neem my na ’n gelukkige plek sonder sorge.” Lounette Fourie

Tuiskokke, laat SARIE jou inspireer!

Leer die tegnieke waarsonder geen sjef die kombuis betree nie.

Kookklas met
Herman Lensing

Ontdek ’n heel nuwe manier vir tuiskokke om die basiese beginsels en fyner kunsies van kosmaak aanlyn te bemeester, met Herman Lensing en passievolle kenners wat dit maklik maak.

“In hierdie aanlyn kookklasse vat ek jou aan die hand na ’n kombuis waar jy kan leer, kan kook en kreatief wees sonder vrees vir mise en place, mirepoix of mislukking.”

Bly op hoogte van ons jongste nuus

Teken in op ons nuusbrief

Meer inspirasie binnekort beskikbaar

Hou SARIE en al ons platforms dop vir die aankondiging van ons volgende aanlyn klasse.

SKOONHEID

MODE

INSPIRASIE

DEKOR