Oor Slimmer met SARIE

Slimmer met SARIE is ’n splinternuwe aanlyn projek waar SARIE entoesiaste die kans gee om meer te leer oor hul stokperdjie of hulle die geleentheid gee om nuwe vaardighede aan te leer – alles vanuit die gemak van hul eie huis!

Slimmer met SARIE skop af met SARIE en SARIE KOS se kosredakteur, Herman Lensing, wat saam met kenners in 13 onderwerpe en tegnieke delf.

Hy sal kykers wys wat hy oor die jare geleer het, maar ook wat kykers in ’n koskursus sal leer. Hierdie is nie jou gewone demonstrasie nie; dis die beginsels van kook en bak; dit waarsonder geen sjef kan wees nie.
Herman se kookklas bestaan uit 13 klasse, elkeen met 3 video’s:

  1. ’n Kenner skop die klas af deur agtergrond te gee oor die onderwerp en hul kennis te deel.
  2. Herman wys hoe jy hierdie kennis toepas in ’n gevorderde resep en gebruik die tegnieke wat jy ook gaan bemeester.
  3. Laastens deel Herman ’n geliefde resep wat ons as “huiskos” ken en wys jou hoe jy dit wat jy geleer het, kan gebruik in jou alledaagse, tried-and-tested resepte.

Laastens kry jy ’n kort, omvattende handleiding ná elke klas. Jy kan die handleiding aflaai en op jou rekenaar stoor (en later uitdruk) sodat jy altyd na dit kan verwys as jy tegnieke en resepte wil probeer sonder die hulp van die video’s.

Slimmer met SARIE se tweede aanlynkursus is vir diegene wat nog altyd wou leer brei.

SARIE se kreatiewe redakteurs, Lounette Fourie en Anita Rossouw, spog met jare se brei-ondervinding en wys jou in 10 video-lesse hoe jy stap-vir-stap al die belangrikste breitegnieke kan baasraak.

Na elke klas kry jy ’n kort, omvattende handleiding wat die belangrikste punte van die les opsom, asook ’n maklike breipatroon waarmee jy dit wat jy in die les geleer het kan oefen. Jy kan die handleiding aflaai en op jou rekenaar stoor (en later uitdruk) sodat jy altyd na dit kan verwys.

Meer inspirasie binnekort beskikbaar

Hou SARIE en al ons platforms dop vir die aankondiging van ons volgende aanlyn klasse.

SKOONHEID

MODE

INSPIRASIE

DEKOR

Bly op hoogte van ons jongste nuus

Teken in op ons nuusbrief