Begin brei saam met SARIE se kreatiewe redakteurs!

’n Breikursus spesiaal vir beginners.

Begin brei met Lounette en Anita

Lounette Fourie en Anita Rossouw, SARIE se kreatiewe redakteurs, leer jou die tegnieke en beginsels wat jy nodig het om ten einde enige breipatroon te kan lees en bemeester. Van steke aanheg tot hoe om ’n stylvolle moderne trui te brei – hierdie kursus is ’n moet vir enige kyker wat daarvan hou om kreatief met hul hande te werk.

“Daar is iets aan die ritmiese metode van brei waaraan ek verslaaf is. Dit neem my na ’n gelukkige plek sonder sorge.” – Lounette Fourie

“As jy nog altyd wou leer brei, is dit nou jou kans. Ons duidelike aanlyn-lesse leer jou stap-vir-stap en wys hoe maklik dit is.” – Anita Rossouw

Wat gaan ek leer?