Algemene vrae

Nee – jy kan by enige klas begin. Elke les bou wel aan die volgende sodat jy verstaan wát om te doen, en hóékom. Dus kan jy by enige klas begin, maar wel die lesse se volgorde volg.

Daar is geen vervaldatum nie. Jy het toegang sodra jy betaal het en kan begin met die kursus teen jou eie pas. Jy kan ook enige tyd teruggaan na ’n klas of les as jy jou geheue wil verfris, of ’n tegniek weer saam met die video wil doen.

Nee – die fokus is meer om jou die tegnieke te leer. Al die stappe is in die aflaaibare handleiding vervat.

Nee – jy kan dit op jou eie gemak kyk soos jy tyd kry.

Elke kursus kos ’n eenmalige bedrag.

Teken in by “My kursusse” met die e-posadres en wagwoord waarmee jy geregistreer het en gaan na “Alle kursusse”.

  1. Hier kies jy dan die kursus waarvoor jy ingeskryf het.
  2. Klik op die blou knoppie waarop “Begin kursus” staan – dit sal verander na “Aan die gang”.
  3. Beweeg af op die webblad vir die lys van al die klasse. Jy kan by enige een begin.