Tuiskokke, laat SARIE jou inspireer!

Leer die tegnieke waarsonder geen sjef die kombuis betree nie.

Kookklas met
Herman Lensing

Ontdek ’n heel nuwe manier vir tuiskokke om die basiese beginsels en fyner kunsies van kosmaak aanlyn te bemeester, met Herman Lensing en passievolle kenners wat dit maklik maak.

“In hierdie aanlyn kookklasse vat ek jou aan die hand na ’n kombuis waar jy kan leer, kan kook en kreatief wees sonder vrees vir mise en place, mirepoix of mislukking.”

Wat gaan ek leer?

Die aanlyn formaat en klasinhoud is so ontwerp dat dit tuiskokke se vaardighede verruim en die genot van kosmaak na ’n nuwe vlak neem. Die kookkursus bestaan uit dertien klasse, wat elkeen bestaan uit drie videolesse. Alles is haalbaar, prakties en inspirerend. Dit begin met ’n kenner se raad en in die tweede les fokus Herman op basiese tegnieke en ontrafel die sjeffie-woordeskat. In die derde video pas Herman die tegnieke toe in ’n heerlike uitsoekgereg. Aan die einde van die kursus sal jy dus dertien nuwe uithalergeregte by jou repertoire kan voeg wat jy weer en weer sal wil maak.